Verbal extension sequencing : an examination from a computational perspective (Werkwoordekstensieopeenvolging : 'n ondersoek vanuit 'n rekenaarmatige perspektief)
Title | Verbal extension sequencing : an examination from a computational perspective (Werkwoordekstensieopeenvolging : 'n ondersoek vanuit 'n rekenaarmatige perspektief) |
Publication Type | Journal Article |
Year of Publication | 2008 |
Authors | Anderson, Winston, and Kotzé Albert E. |
Journal Title | Literator: Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies (special edition on Human Language Technologies) |
Journal Date | 04/2008 |
Volume | 29 |
Issue | 1 |
Pagination | 43-63 |
ISSN | 02582279 |
Call Number | 896 LIT |
Keywords | continuation classes, ekstensie opeenvolgingsreels, empty language, extension sequencing rules, kontinueringsklasse, lee taal, multiple verbal extensions, Noord-Sotho werkwoorde, Northern Sotho verbs, veelvuldige werkwoordekstensies |
Abstract | Afrikaans (afr): Leksikale oorvormers maak gebruik van 'n tweevlak-eindigendetoestandnetwerk om tegelykertyd morfologiese analiserings- en morfologiese genereringsherskrywingsreëls te enkodeer. Veelvuldige werkwoordelike ekstensies kan morfologies as 'n geslote morfeemklas geanaliseer word deur van verskillende rekenaarmatige tegnieke gebruik te maak. Die analise van 'n veelvuldige opeenvolging van ekstensies word verwesenlik deur triviale analise, gebaseer op enige kombinasie van lede van die geslote klas, maar dit gee aanleiding tot onnodige oorgenerering van leksikale items, waarvan baie items nie in 'n woordeboek voorkom nie. Indien ekstensiekombinasies beperk sou word in 'n strewe na die verteenwoordiging van voorbeelde wat werklik bestaan, sowel ten opsigte van die moontlike aantal ekstensies in 'n reeks as die relatiewe ordening van die ekstensies, het dit 'n radikale vermindering in die generering van leksikale items tot gevolg, terwyl die vermoë om te analiseer voldoende gehandhaaf word. Die artikel belig besonderhede van triviale analise en 'n benadering wat dramatiese oorgenerering voorkom. Dit is gebaseer op toetsdata wat die moontlike ekstensievolgordes asook die morfofonemiese alternasies van hierdie ekstensies in Noord-Sotho weerspieël. Dit is bekom deur literatuurnavorsing, leksikografiese ondersoeke en die rekenaarmatige morfologiese analise van tekste. |
URL | https://www.puk.ac.za/literator/ |
- Login to post comments
- Google Scholar